Die komende naweek

So vandag was beter, ek sal selfs se vandag was einklik vir my ‘n baie lekker dag gewees. Daar is soveel goed waaroor ek kan skryf vanaand maar wil fokus op drie punte…

Die eerste een is ‘n vraag wat vir my gevra is vanmiddag, hoekom ek nie oopmaak teenoor mense nie, hoekom ek nie al lankal iemand in my lewe het nie, en daar is ‘n paar redes. Ek is nie die tipe mens wat uitgaan om iemand te ontmoet nie, ek het al probeer maar nie baie nie, dis vir my moeilik en ek weet nooit wat om te se nie, ek weet nie hoe doen mens dit nie. Dalk is ek net te bang ek laat myself soos ‘n idioot lyk. Dan is daar die feit dat ek mense relatief maklik en vinnig kan opsom en dat ek ook baie vol kak is, ek wil dinge he en dan soek ek dit sonder verskoning. En laastens is daar my verlede, elke keer wat ek oopmaak, wat ek probeer gee ek dit my als en dan is ek die een wat gebroke daarvan weg loop , of meer weg kruip.

Tweedens, ek het vandag net weer gesien wat werklik vir my belangrik is in die lewe, daardie een mens waarvoor ek letterlik my lewe sal opgee as sy my die dag vra, daardie twee dogterjies wat my so baie geluk gee en wat so geheg geraak het aan die simpel oom wat hulle so bietjie te veel bederf. Daardie ma wat my maak glimlag soos ‘n weirdo stalker.

En laastens, die verlange het nou al klaar oorgeneem in my , ek sit met trane in my oe as ek dink aan ‘n naweek weg , ‘n naweek sonder haar stem, ‘n naweek sonder haar glimlag. Ek verlang om haar net by my te he en te kan lag en stry.

Die naweek gaan ek hopelik besig wees, hopelik gaan ek uitrus, ek kort die wegbreuk kans maar die verlange gaan dit so bietjie bittersoet maak.

Een ding is wel seker, waarvan ek altyd seker gaan wees. C is my mens, die een wat ek die res van my lewe daar wil he.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s