‘n nuwe kolega

Vandag was maar rustig, ek was meeste van die dag by die huis behalwe vir die tyd wat ek saam met Z spandeur het om haar te help met die bestuur. Ek moet se sy kom baie goed reg en kan sien die self vertroue begin bou , maar sy gaan defnetief nog bietjie meer moet ry voor ek haar sal toelaat met my twee stief kinders in die kar. Om dit te doen gaan ek kyk om haar nou ten minste so 3 keer ‘n week te vat vir ‘n uur in die middae dat sy lekker kan bestuur.

Dan het my nuwe kolega ook vandag hier aangekom, hy is heel aangaam en glo hy sal vinnig inpas in die span, ek dink wel dat dit maar tyd gaan vat voor hy reg is met als en dit beteken dat ek ekstra werk gaan moet insit om seker te maak hy kom waar hy moet wees. Maar dit gaan darm uithelp as ons nog iemand het en hopelik sal hy dan later van my werk kan oorneem sodat ek meer kan fokus op die bestuur van die maatskapy.

Dan het ek ook vandag geniet toe C my gebel het en ons weer lekker kon gesels. Moet se dis nog steeds vir my lekker om haar stem te hoor, haar glimlag te hoor soos ek met haar gesels en iets se wat haar maak lag. Dis vir my lekker om te hoor wat als in haar dag gebeur het en wat sy nog beplan. Dis vir my lekker om te hoor hoe sy opgewonde raak oor goed , en om die persoon te wees met wie sy kan ontspan en so bietjie afpak as sy dit nodig het. Dis vir my lekker om haar mens te kan wees.

Ek sit vanaand hier en dink aan die nuwe huis en dat ek so klein dieretuin daar gaan he, maar dit sit ook hierdie groot glimlag op my gesig om daaraan te dink. Die girls se gesigte te sien as hulle daar is en met al die dietjies kan speel .

Daar is nog soveel gesprekke wat ek wil he, goed wat deur my kop gaan , goed wat ek wil doen en ervaar…

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s