Die swaai

Vandag was die lekkerste dag die week, ek het lekker tyd gehad saam met A en S en moet se ek het dit baie geniet saam met hulle. Daardie glimlaggies, daardie sagte drukkies.

Die hoogtepunt van my dag was defnetief toe ek en C vir S op die swaai vorentoe en agter toe gestoot het. Dit het my hierdie diep geluk laat ervaar. Wens ek kon dit beskryf, maar die glimlag om C se gesig het vir my die wereld beteken.

Vandag het my weer herriner hoekom ek voel soos ek voel oor C, oor die dogtertjies. Oor als. Daar is letterlik niks wat my meer genot gee as om tyd saam met hulle drie te spandeur nie.

Ek sit nou hier en dink aan hulle waar hulle op die bed le in hulle pajamas, opgecuddle teen mekaar en wens ek kon daar agter C inskyf, my arm om haar vou en te se dankie en dat ek haar lief het soos ek haar teen my vastrek.

Dat ons vier daar aan die slaap raak en die nag deur droom van more se speel, se swem, se lag…

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s