Tevrede

Ek het vanoggend opgestaan met n intresante gevoel, dink my droom het baie daarmee te doen, en soos ek werk toe gery het het ek iets besef oor myself en die lewe wat ek moet lei.

Ek moet ophou probeer gelukkig wees, want om geluk te probeer soek gaan nooit vir my realiseer nie, dis nie iets wat ek, met als wat ek al gedoen het, ooit sal kan verdien nie. Ek moet eerder fokus om net tevrede te wees met my lewe, vrede te maak met dit wat ek wil he, en besef dis beter vir almal as ek dit nie kry nie.

Ek moet tevrede wees met my werk en op n persoonlike vlak. Ek moet aanvaar dat dit wat ek wil he nooit myne sal wees nie.

Ek gaan dalk nooit trou, nooit kinders he nie, maar ek sal tevrede wees om die twee stouties te kan bederf. Ek sal tevrede wees as ek hulle so elke nou en dan mag sien en hulle dan maak lag.

Ek moet tevrede wees met myself en dat ek alleen is, en seker gaan wees. Ek moet vrede kry daarin dat ek my vriende kan gelukkig sien en selfs so nou en dan maak lag. Dat ek probeer om hulle lewens te verbeter. Veral C, ek moet beter wees vir haar sodat sy werklike geluk kan ervaar.

My doel vir die jaar is om tevrede te wees, dis al.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s