kompleks

Vandag was sover ‘n kombinasie van lekker en sleg, daar het nie veel gebeur nie werk was maar werk en einklik rustig alowel ek weet more ‘n bedrywige dag gaan wees. Ek moet wel sê dat ek nie vreeslik gemotiveerd was vir werk vandag nie, dit was die eerste keer in ‘n baie lang ruk wat ek nie uitgesien het om werk toe te ry nie.

Daar was wel goeie oomlikke deur die dag, toe ek en C gestaan het en ek weer haar reuk kon ruik , in daardie oë van haar kon kyk , en het selfs ‘n glimlag of twee in haar gesig laat skyn.

Ek dink vandag aan my verlede, die goed wat ek al gedoen het, die goed waardeur ek gegaan het. En dan dink ek ook aan wat ek nou wil he, en wat die gevolge daarvan sal wees.

Ek dink ook nou aan iets wat ek so ruk terug gelees het , die lewe gaan altyd gekompliseerd wees, daar gaan altyd goed wees om te doen , probleme om op te los , seer om te oorkom en uitdaging om aan te pak. Dis tog die oorwinning van al daardie uitdagings en probleme wat mens die meeste vreugde gee. En ek besef net weer dat ek werklik als sal doen om dit aantepak saam met haar.

Daar is vir my min goed so lekker om na haar stel te luister as sy so opgewonde raak oor iets… Dink elke aand aan daardie stem…

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s