Verlore

So ek het seke die post nou al ses of sewe keer getik en dan als weer uitgevee. Want dit wat ek tik voel net nie vir my reg nie…

Ek sit vanaand hier, total stilte om my, die honde wat le, ons boks oop lanks my op die lessenaar, die haasie wat na my staar, ek lees weer die briewe. Ek voel vanaand asof n gedeelte van my weg is, asof ek net n halwe mens is. Ek voel leeg en verlore.

Ek het vanaand twee keer met C op die foon gesels, haar stem gehoor en geluister. Notas in my leers gemaak oor die toekoms. Maar ek wil daardie toekoms nou he, haar stem elke dag hoor, haar hand elke aand voel…

My gedagtes dwaal na plekke waar dit nie moet wees nie, maar ek het vir haar n belofte gemaak en gaan daarby bly. En dan is daar ander gedagtes, herrinering van haar wat my hart swaar maak, my oë vol trane kry en my keel droog het.

Ek sit en dink oor n lewe waar ek haar nooit weer kan se hoe ek voel nie en eks nie seker dis een wat ek kans voor sien nie. Al wat my hier hou is n belofte, n belofte aan haar dat ek elke dag daar sal wees vir haar maak nie saak hoe ek voel of wat als deur my kop gaan nie. En dan is daar die hoop vir n moontlike toekoms gevul met geluk.

‘n deel van my wil net my oë toe maak, slaap en slaap tot daardie dag en n ander deel wil net aanhou slaap in die niks.

Ek gee haar hierdie tyd vir net een rede, ek is lief vir haar, sy het als in die lewe vir my geword.

Rushing through 30
Getting older every day by two
Drawing pictures of innocent times
Can you add colour inside these lines?I want you to lead me
Take me somewhere
Don’t want to live in a dream one more day
I want you to lead me
Take me somewhere
Don’t let live in a dream one more daySure, it would change my perspective
I’m certain I would change today
I’m certain it would change our ways
Would things fall into place?I want you to lead me
Take me somewhere
Don’t want to live in a dream one more day
I want you to lead me
Take me somewhere
Don’t let live in a dream one more day

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s