Altyd

Ek sit vanaand alleen hier, kyk deur die fotos op my foon. En wonder hoekom sy my lief het, sy is soveel meer as wat ek ooit verdien. Sy het so ‘n goeie hart , en dit breek my as ek haar sien waar ek weet iets pla, waar ek voel soos die probleem.

Ek kyk na die fotos van S en A en wens dat ek vir hulle als kon wees wat hulle nodig het in die lewe. Dat ek daar kon wees om die dae wat hulle gelukkig is en my die grootste drukkie kon gee. En op die dae wat hulle hartjies seer is sodat ek hulle kan vashou en troos.

Ek sit vaand en dink aan die laaste 4 maande van my lewe, wat als gebeur het en wat als verander het, en vir eens in my lewe glimlag ek as ek aan als dink, want ek het iemand gekry wat my nie net gelukkig maak en my aanvaar nie, maar iemand wat ek saam mee wil wees.

Die manier hoe sy met my praat, hoe sy omgee vir ander, hoe sy kwaad raak en dan later skuldig voel daaroor, hoe sy met my stry as sy reg is oor iets ( en ek net stry om meer tyd saam met haar te he) , die manier hoe sy my probeer opcheer, die manier hoe sy haar lewe vooruit probeer insien , die manier hoe sy is met haar kiddies, die beskermer, die omgeeër, maar tog nog steeds die een wat weet hoe om “fun” te he, enmy lewe lekkerder te maak.

Ek wil nie net saam haar wees oor ek voel sy maak my beter nie, ek wil saam met haar wees want ek weet ons kan mekaar gelukkig maak. Ek wil saam met haar wees vir elke sexy smile, vir die simpilgeit wat ons kan deel en saam lag, vir die moeilike dae as ons net ‘n drukkie of cuddle nodig het. Vir die oomlike van passie, die aande van saam kosmaak en in mekaar se oe staar. Vir daardie dae wat ons stry en kwaai is en dan mekaar sien en net weer giggle en mekaar se geselskap geniet. Vir saam die kids wys wat werklike gelukkig is, hulle leer om goeie besluite te neem , en te dra met die slegte.

Sy het my hart gesteel, my als geword, die een waarvoor ek vroeg opstaan en laat gaan slaap. Saam met haar wil ek my lewe bou. Ons het net een lewe en ek kies haar , elke keer. Deur die storms en weer en kak en als, sal ek altyd haar kies.

One thought on “Altyd

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s