Ons Eenigheid





Vanoggend het my dag op die beste manier wat ek aan kon dink begin, ek het die persoon wat vir my die meeste beteken by my gehad en die geleentheid gehad op vir haar te te wys hoe ek werklik oor haar voel. Vanoggend sal vir ewig my by bly. En ek sien uit na die dae wat elke oggend begin met haar lanks my.

Ek het ook iets net weer besef soos ek gery het en gedink het oor haar. Dat sy my nie net gelukkig maak nie, maar dat sy my n beter mens gemaak het oor die laaste paar maande. Sy het my gewys dat ek kan lief word, nie net vir haar nie maar vir die twee oulikste kiddies wat ek nog ooit ontmoet het.

Ek het ook besef dat ek en sy iets saam het wat nog lank daar gaan wees, want ek wil haar eendag voorstel as my vrou, die kids as my stiefkinders en die fotos vanaand het my ongelooflik laat verlang.

Ek wens ek kon vandag daar by haar wees, nie oor sy my nodig gehad het nie maar omdat dit is waar ek werklik hoort.

Ek is vanaand werklik rustig en het n geluk in my wat niemand sal kan wegvat nie.

Ek hoop daar waar sy vanaand is het sy diesele gevoel van vrede.

Ek sien nie uit na more nie maar weet dat sy aan my gaan dink en dat haar gedagtes by my gaan wees al kan sy nie in die vlees daar wees nie.

Nyní jsme jeden

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s