navorsing

Ek is iemand wat glo in die wetenskap, as ek onseker is oor iets gaan soek ek die antwoorde in navorsing of studies , ek lees vir ure lank deur boeke,artikels en enige iets anders wat ek kan kry.

Daar is meeste van die tyd ‘n antwoord in navorsing vir al my vra en dan leer ek ook sommer iets nuuts. En party dae kom ek agter my manier van dink is verkeerd gewees en dat ek moet probeer aanpas.

So dis wat ek nou doen, sit en lees en probeer leer oor van die besluite wat ek moet neem in my lewe. Ek lees vandag baie, want dis stil om my en my gedagtes dwaal oor als. En ek besef nog meer wat ek wil he.

Soos ek lees, verstaan ek haar ook beter, sien klein goed raak wat nogal baie meer sinmaak as jy dit op wit en swart sien. Dit maak ook my hart in my keel gaan vasteek.

Ek sit hier met my hond lanks my , luister na die gedreun van karre in die hoofstraat en speel weer die senarios in my kop , wat as die… hoe sal dit wees… kan ek dit doen…

Ek besef vanaand met die goed wat in my kop draai dat ek daar gaan wees vir haar , deur als, want sy het my insig gegee in die lewe wat ek nooit gehad het nie. Gewys wat liefde beteken.

Ek wil net die beste vir haar he en besef dat dit nie noodwendig ek is nie…maar die liefde in my sal ek altyd vir haar gee, oor en oor en oor

už jsi moje rodina

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s